Wie is ek ?
Ek is meer as net ek; ek's die harte wat ek blymaak en die asem wat ek inlaat. Ek is gedagtes wat ek dink en goed wat ek sien en voetspore wat ek summier agterlaat. Vind my in die wat my liefhet, in die donder hoog in die lug. In ñ goeienag soen of sagte drukkie, of in skoenlappers duidelik in sig. Ek is meer as wat die oë kan sien; van my glimlag en trane wat ek stort. Tussen die vreugde en lydende smart het ek ñ kompliment vir ander geword. En wanneer ek eendag moet heengaan; my lewe vir altyd omvou. Ek vra dat jy my hart moet saamdra en as ñ herinnering altyd onthou. Ronald Albert Davids
Ad
Poetry Books 50% Off
Bestselling collections from top poets
Shop Now →
