Wie is ek ?
Ek is meer as net ek; ek's die harte wat ek blymaak en die asem wat ek inlaat. Ek is gedagtes wat ek dink en goed wat ek sien en voetspore wat ek summier agterlaat. Vind my in die wat ek liefhet, in die wolke hoog in die lug. in ñ goeienagsoen of sagte drukkies, of in skoenlappers duidelik in sig. Ek is meer as wat die oog kan sien; van glimlaggende trane wat ek stort. Tussen die vreugde en lydende smart hey ek ñ kompliment vir ander geword. En as ek eendag moet heengaan; my lewe vir altyd omvou. Ek vra dat jy my hart moet saamdra en as ñ herinnerings altyd onthou. Ronald Albert Davids
Ad
Poetry Books 50% Off
Bestselling collections from top poets
Shop Now →
