Wees net jouself
Die wêreld wil jou verander want daar is druk oral rondom. Jy moet nou besluit wie jy is en bly dan standvastig op die grond. Jy het ñ beeltenis van jouself- ñ ideale gevoel van jou. Maar met hierdie grote visie moes jy als sukkelend opbou. Jy weet waarin jy goed is en waar jou talente ontbreek. Maar as jy deur ander getrek word sal jou uniekheid jou verby steek. Onthou, daar is baie om te leer want al die ou goed is gedaan. Wysheid lê in wat jy inneem en wat jy regtig verstaan. Wees net jouself en moenie toelaat dat die noodlot jou oorwerk. "Beskerm jou identiteit" is die lewe se kosbaarste oogmerk. Ronald Albert Davids
Ad
Poetry Books 50% Off
Bestselling collections from top poets
Shop Now →
