Wees Braaf...
Tussen lirieke van ou tunes word ons gevoelings vasgevang en so diskreet word daar eintlik gesê Ek is lief vir jou Ek het jou nodig Ek kan nie meer vir 'n oomblik sonder jou lewe nie Maar dan neem realiteit oor en jou verlede seer kom spook by jou gewillige ongevlekde toekoms en plant saadjies van twyfel. Vrees....neem oor... Met vars geplukte blomme van hoop in jou hande en liefde in jou hart, net voor jy klop aan my hart se deur, kom keer daai klein saadjie vrees van seer in die verlede, jy bol jou vuis soos jy jou hand wegvat van my hart af Jy sak jou kop in skaamte want vrees het weer oorwin Die verlede het weer gekom soos 'n honger wolf en jou geluk kom steel. Ek smeek jou wees EEN keer braaf genoeg om daai verlede seer te begrawe, te klop aan daai deur en die saad wat geplant is van die verlede te water met die liefde wat Jy gekies het om 'n kans te gee.... en sien....sien hoe blom dit in jou toekoms tuin.... Asseblief Wees braaf...
Poetry Books 50% Off
Bestselling collections from top poets
