Wat sal jy doen..
Wat sal jy doen as die ligte jou oë verdof en donkerte omhels jou hele wêreld. Wat sal jy doen as jou hart nie meer kan uithou en alles wat oorbly is ñ vergete verlede. Wat sal jy doen as die geluk wat jy moes gehad het ñ klein wenslys is en jou hart vashou. Wat sal jy doen as die liefde jou nie waardig is en jou nagtelike drome in nagmerries omskep. Wat sal jy doen as warm golwe van die hart ñ baan weg vir die koue winters van die siel. Wat sal jy doen as jou drome en hoop inmekaar val met die liefde wat jy nooit kon vind. Ronald Albert Davids
Ad
Poetry Books 50% Off
Bestselling collections from top poets
Shop Now →
