Wat is die mens?
O God, my Herder, waarom verlaat U my? Ek, 'n nietige mens... wat is die mens? Die mens, wat siel vir siel vergeld? Die mens, wat verniel, vertrap en verwoes? Die mens, wat homself hoor ag as wat 'n boom kan droom om te groei? So hoog dat siele nie daar gevind sal word nie... So hoog dat jou eie gedagtes wegkruipplek soek? Wat is die mens, dat U aan hom sal dink? Ek, wat probeer leef; probeer aanklou, aan Jou, o reddende Rots. Ek, wat tog maar net 'n naam kan wees. C.A.R.L.A Vyf letters, een siel. Vyf tot een. Wie is ek, dat U aan my sal dink? O God, my Herder, moet my tog nie verlaat nie;
Ad
Poetry Books 50% Off
Bestselling collections from top poets
Shop Now →
