Verander
Seerkry verander mense en almal gee voor- hulle sê hoe dronker, hoe eerliker- maar hoe diep is die bodem van jou glas... niemand wil die gesig wat terugstaar in die spieël face nie hoe kan ons, ons kry skaam skaam dat ons onsself so teleurstel vir 'n blokkie goud, 'n tydelike fix, sweet nothings wat so sagkuns lustig gefluister word, Hoor hoe raas die stilte- dit kan seermaak heelmaak saakmaak daarom moet jy jou woorde proe voor jy dit uitspoeg ons besef nie ons is besig om mekaar op te fok nie... die gees is gewillig maar die vlees...o die vlees is swak, ons elkeen loop met 'n hoofstuk wat ons nie hardop wil lees nie, Hoe draai ons dan terug? hoe besef ons, ons is meer werd... meer werd as die gebroke vlees wat so hartseer, leeg terug staar- die vrees, die onsekerheid, 'n brokkie hoop dalk na die sagtheid van lente... Haal asem tyd is nie ons sin nie en jy eenkant alleen wat altyd te veel voel Haal asem Haal...net...asem ©ontbloot
Poetry Books 50% Off
Bestselling collections from top poets
