Trane Op Die Grond💔😭
Hierdie een is vir my babatjie Hayley en ek hoop julle geniet dit🙏💝 21/Julie/2023_Rest_In_Peace pa se engel. plof is die geluid van koue trane op die grond diep in my hart soek pa na jou rond jou plek is leeg en jou stem is stil dit was die Here se wil die hartseer van gister en die verlange van nou soos 'n swart jas wat pa aan jou klou moeilik was dit om jou te laat gaan moeilik is dit om alles te verstaan die woorde kom moeilik die trane kom gou styf het hy sy vlerke om jou gevou jou plek is leeg maar jou glimlag leef aan saam die Here daar waar jy nou staan plof...val daar nog 'n traan van my op die grond pa kyk en soek na jou oral rond rus in die holte van sy hand sag daar waar jy vir pa in die hemel wag jy was en sal altyd pa se babatjie bly die skaduwee aan pa se sy jou naam en gedagte sal in ons harte leef pa sal altyd na jou sagte liefde streef engele wat hulle vlerke in 'n koor klap traan vir traan wat pa sit en snak jou plek is leeg en jou stem is stil weet net dat dit was God se wil rus in vrede Hayley my kind jou naam skryf die Here binne die lewende boek in ©Jubelian Neethling
Poetry Books 50% Off
Bestselling collections from top poets
