Soos ek ouer word
My jeug is weg maar wie gee om, my vreugde is nou net ñ stukkie pyn. Die jare het gekom en weer gegaan en my goedheid het meteens verdwyn. Die liggaam is klaar maar ek's nie oud en sien die wêreld met drade gevleg. Die vrugte is ryp en die blare is groen, ek lewe nog, maar nou's my lewe weg. Ek soek na vryheid vir my siel vanaf die skadu tot die graf. Ek vertrap die aarde want my glas is leeg en nou's die dood my enigste straf. Angspyne was geskree maar nie gehoor, net my hart wat daaronder ly. My moed is gegewe en my gees is gebreek; ek lewe nog maar nou's my lewe verby. Ronald Albert Davids
Ad
Poetry Books 50% Off
Bestselling collections from top poets
Shop Now →
