saam jou
ek wil verdwaal vir n oomblik van vreugde ek wil in jou arms lê, jou in my arms hê my liefde vir jou is onmeetbaar in breedte ek kan dit nie beskryf, ek kan dit nie sê wat verdien ek, wat verdien jy die wêreld het ons uit gespoeg, verwyder, en ek is moeg om só te voel, want ek gaan stry en ja ek het besef niemand is perfek nie en dalk is ek mal, maar onperfek is jy nie vir my nie, want ek voel vasgebind asof ek in die verte verdrink soos n kind asof die wêreld stilstaan in sy wentelbaan en elke aand praat ek met die maan oor die droom van jou wat n werklikheid is met die smag van onvergeetlike kuns al is dit onmoontlik vir ons om te sien het ons miskien mekaar verdien
Ad
Poetry Books 50% Off
Bestselling collections from top poets
Shop Now →
