Oupa
Oupa, pa van my ma, man van my ouma Hanna. 'n Naam wat gewig dra. Vir my? Nee Vir my, wat die alkohol aan jou klere ruik. Vir my, wat sidder vir jou koms. Vir my, wat sien hoe ma en ouma breek, stuk vir stuk, rafel, skeur, disintegreer. Vir my, wat jou beloftes geglo het. Vir my, wat uiteindelik gedink het, jy het verander. Vir my, wat bang gaan slaap het. Vir my, wat goed voor die deur gepak het. "Oupa" is 'n plekwoord wat steeds gevul moet word. 'n Oop spasie, vol van woede en teleurstelling. Oop spasies. Vir jou, "Oupa" Oop spasies wat jy nooit sal vul nie. Oop spasies wat niemand verstaan nie. Jy, "Oupa" wat verpletter, verneuk, vermoor en bedrieg. Jy, wat ons nooit op die hart dra nie. Jy, wat jou dronkwoorde van liefde probeer afdwing. Ek weet jy het skade. Ek weet. Maar wat is die prys wat jy wil betaal? Jy, met jou oop spasies van 'Oupa'-wees. Jy, wat whiskey kan dronkbel. Jy, wat nog nooit 'n pa was nie... Jy, nog minder 'n "Oupa" Jy... "Oupa"?
Poetry Books 50% Off
Bestselling collections from top poets
