ontnugter
Wens ek kan die dop in jou glas wees. Of nog beter die rede dat jy sal ophou of net minder... Aan die bodem van elke glas begin my naam al hoe helder verskyn Totdat jy dit nie meer kan miskyk nie. Gee my die kans om jou te verlos uit die illusie... jou te ontnugter uit watse drug ookal jou help cope met al die hartseer wat jy so wegsteek agter jou 'no point' grappies. Ek is bereid om vir jou alles te gee As jy bereid sal wees om dit op te pas. As my naam net aan die onderkant van daai bottel of twee gaan wees... Verkies ek die stilte wat tussen jou nugters lê virewig bo die hoor van jou stem elke keer nét as jy my naam sien... ©ontbloot
Ad
Poetry Books 50% Off
Bestselling collections from top poets
Shop Now →
