ñ Huldeblyk aan Lance
Sal die herinneringe van jou met ñ glimlag so groot, so vol liefde so vol omgee altyd terugkom. Sal die beelde van jou met oë van vrede so voldaan maar vêr weg altyd terugkom om my te laat huil vir die finale dae wat ek met jou gedeel het. En terwyl ek soek deur my gedagtes met moed. En soos ek opnuut luister om weer jou gelag te hoor. En soos ek my sakke omdop om die bybelverse uit te haal met jou handskrif daarop wat jy vir my gegee het. Die wêreld vir my breek dan in twee, die een wat is en die een wat was. Ronald Albert Davids
Ad
Poetry Books 50% Off
Bestselling collections from top poets
Shop Now →
