MOFFIE
"MOFFIE' skrie die laaitie in die agteste ry net omdat ek n mooi hanskrif en dun stemmetjie het. "MOFFIE sak my childhood bully af net omdat hy daarvan hou om my af te knou. "MOFFIE! sê ek vi myself net omdat ammel my daaraan remind. "MOFFIE! hoor ek toe ek my eeste skinny jeans en pink sweater dra. "MOFFIE! die woord wat my Vir jare al briek. Maar vandag sit ek hie... Stêk. Want "MOFFIE" issie mee die woord wat vir my afbriekie.
Ad
Poetry Books 50% Off
Bestselling collections from top poets
Shop Now →
