Moederhart
Jy gee my die lewe en laat my leef om lief the hê en te verstaan. Jy leer my woorde om uit te spreek om met my lewe aan te gaan. Jy ondersteun my en is goedhartig; is vol vertroue al is jy bang. Jy aanvaar my sonder erkenning en is hoopvol want jy sal ontvang. Ek koester jou in my lewe en maak jou wysheid my eie. Ek voel bekommerd maar is geduldig en volg jou voetspore beskeie. Ek betree jou pynlike wêreld; voel die swaarkry van jou smart. Ek verstaan nou jou moederlike liefde en vul die leegheid in my hart. Ronald Albert Davids
Ad
Poetry Books 50% Off
Bestselling collections from top poets
Shop Now →
