Gebroke Woorde
Hoe verstaan n mens n hart wat gebroke woorde spreek, Hoe weet mens hoe diep die hartseer steek. Hoe breek n mens die mure rondom af sonder mag, Om jou weer in liefde te laat glo en te laat lag. Hoe plaas n mens daardie versekering terug, Hoe kan n mens daardie wagte om jou hart oorbrug. Ingeprinte merke van binne sal daar altyd wees, Skade is gedoen onsienlik aan siel en vlees. Wanneer gaan jou deur van geluk weer oop gaan, Wanneer gaan n omgee hart jou seer kan verstaan. Die diep onsekerheid van weer vertrou, Is dit nie wat jou van jou vreugde weerhou? Kyk op na bo kind van God kyk Hy wag, Om jou hand te vat en jou weer te laat lag. Glo ,hoop en vertrou net in Hom, Want jou antwoord sal van Hom kom. Gee net jou bekommernisse aan Hom oor, En Hy sal jou gebede laat verhoor. Jy bid nou al so lank vir krag van bo, Maar waar is jou vertroue waarin jy moet glo. © Jubelian JB Neethling
Poetry Books 50% Off
Bestselling collections from top poets
