Ek wens....
Ek wens vir nog een kans om jou stewig vas te klou. Een geleentheid om te voel en jou glimlag te onthou. Ek wens dat ek jou kon vertroos met jou lyding wat my hart omrond, maar net jou ietwat gefaal toe ek dog jy's gesond. Ek wens ek kon die tyd terugdraai en herinnerings met jou deel. Om jou dop te hou terwyl jy slaap en jou hare met die borsel streel. Ek wens net ek was daar toe jy vir ewig weg moes gaan. Ek wou jou graag vir oulaas groet toe jy moes regmaak vir die anderkant. Ek wens dat ek meer kon doen en bal my hande soos ñ vuis. Ek wens, ek wens, die lys gaan aan. Ek soek jou terug, ek soek jou tuis. Ronald Albert Davids
Ad
Poetry Books 50% Off
Bestselling collections from top poets
Shop Now →
