Eensame voëlverskrikker
Allenig staan ek in die landery; my een-stok voet vas in die grond. Met my moë arms heeltyd uitgestrek en my voorkoms verniel van die son. Ek dra my baas se stukkende klere; sy broek, sy hemp en hoed oor my gegooi. Met al die ongerief van eensame aande is my moue en broekpype ook vol strooi. Ek kan nie help hoe ek nou lyk met my jas so skeef oor my lyf. Ek voel vernederd maar doen net my plig om die voëls uit die oord te verdryf. Ronald Albert Davids
Ad
Poetry Books 50% Off
Bestselling collections from top poets
Shop Now →
