Dit was altyd jy
Ek fluister jou naam in die stilte van die nag. Die wêreld is in duisternis terwyl die toekoms op ons wag. Jou stem is soos n melodie, al dwalend in die lug. n Liedjie so teervol, met jou nabyheid in sig. Ek soek na jou mooie glimlag op die wye en noue weë. Met herinnerings omvou soos die branders van die see. Ons omhels sonder woorde in deurgang na die hart. Met die stilte so eensaam, weg van die droefheid en smart. En soos die slaap ons benader en die drome op ons wag, soek my hart na jou gesig In die duister van die nag. Ronald Albert Davids (Geskryf vir n baie besondere dame, Ann-Marie Ripepi wat my hart gesteel het en altyd aan haar sal behoort) besondere dame
Poetry Books 50% Off
Bestselling collections from top poets
