Dis wie ek is
Dis wie ek is en as jy my ken sal jy kan se of my hart regtig so lelik is. Want net soos jy hardloop ek die lewe in. Verlore gebore net met menslike instink en of ek nou nigter is en of ek nou myself dronk drink, kan jy van my se net wat jy wil. Elkeen van ons is verslaaf aan sy pil, of dit n "Fix" is of net elke Sondag voor sy bybel, bly die lewe nogsteeds n geveg tussen mens en die werk van die duiwel. My lippe het al gesweer dat God leef dan onthou ek hoe maklik dit is, om van mekaar kan vergeet. Ek was al arm en ek was ook al ryk. Myself aan alkhol versuip en drwelms misbruik. Myself met ander vergelyk, my grootste vrees het ek al stiptelik in die oe gekyk. n "Gun" tussen my tande vas gebyt, my hande in my hare gedruk en dan vas gegryp. Met my rug teen die muur af gegly en gewens die harsings kon saam met al die seer agter bly.. Dis wie ek is, ek kan vir ander mooi bid, tog kom ek voor as te ongeskuk. Soveel gevoel al op papier vas geink, dit uit geskeur en weer probeer play het met "Pritt". Dis wie ek is en as jy my ken sal jy kan se of my hart regtig dan so lelik is.. Die digter, digkuns geink in n lelike handskrif, want, Dis wie ek is.
Poetry Books 50% Off
Bestselling collections from top poets
