Die seeskulp
Sy tel dit op en hou dit styf in haar sagte, tingerige hande. Dan kry sy die terugflitse van liefde op warm-gesoende strande. Twee verliefdes, gelukkig en tevrede met soveel om voor te leef. Dink nie nou aan die toekoms en alles om na te streef. Dan onthou sy daardie ontroosbare nag , haar laaste fluisterende geskil. En die skulp was verdof en sy sien nie die skoonheid as trane haar onskuldige oë vul. Ronald Albert Davids
Ad
Poetry Books 50% Off
Bestselling collections from top poets
Shop Now →
