Die koeldrankblikkie
Vir maande bly ek in ñ koelkas met my naam groot op my bors. Nou staan ek angstig en koud en wag vir die mens se dors. Ek wens al lank om uit te kom, om nat lippe teen my lyf te proe. Dan hoor ek voetstappe nader kom daar op die winkelvloer. Toe kom sy om die draai en staan halfkaal in die gang. Sy trek die glasdeur saggies oop, raap my op en rol my oor haar wang. Sy trek die deklaag buite af en smyt dit op die grond. Dan draai sy voor die warm son en druk my in haar mond. Sy sluk totdat die laaste druppel val en gooi my neer in die straat. Dan kom ñ skoolseun traag verby en skop my verder onder my gat. Ronald Albert Davids
Ad
Poetry Books 50% Off
Bestselling collections from top poets
Shop Now →
