Alleen!
ñ Wintersnag in ñ diep donker Augustus. Ek is alleen en staar uit my venster na ñ vars kleed van mis wat die berge omvou. Om my is mure, ñ vesting hoog en magtig wat niemand kan deurdring. Ek het geen ag op vryheid, dit bring net verdriet deur die droefheid van my bestaan. Sê ook niks van die liefde- dit het ek al beleef. Dit slaap in my herinnerings en versteur die rus van gevoelens wat my laat huil, wat my laat lag. Ek het my God en my gebede vir beskerming. Ek is versteek in hierdie stukkie van my kamer, veilig in my kokon met my boeke en gedigte. Ronald Albert Davids
Ad
Poetry Books 50% Off
Bestselling collections from top poets
Shop Now →
